hoe weet ek of ek ’n webwerf op microsoft edge kan vertrou

Hoe weet ek of ek ’n webwerf in Microsoft Edge kan vertrou?

As jy ’n slot-knoppie langs ’n webwerf se adres in Microsoft Edge sien, beteken dit:
Wat jy stuur en ontvang uit die webwerf is geënkripteer, wat dit vir enigiemand anders moeilik maak om hierdie inligting te verkry.


Die webwerf is geverifieer, wat beteken dat die maatskappy wat die webwerf laat loop, ’n sertifikaat het wat bewys dat hulle dit besit. Klik die slot-knoppie om te sien wie die werf besit en wie dit geverifieer het.
Waar ’n grys slot beteken dat die webwerf geënkripteer en geverifieer is, beteken ’n groen slot dat Microsoft Edge die webwerf heel waarskynlik as meer eg beskou. Dis omdat dit ’n uitgebreide valideringsertifikaat (EV) gebruik, wat ’n strenger identiteitsverifikasieproses vereis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *